Komskep


Posted on: 2016-01-20

 

'K'omskep | KKNK  2016


Die mites van die Karoo-meermin herleef in die droogdok by Mount Noah Lodge, die wereld se eerste en die Karoo se enigste. Kom neem deel aan `n unieke projek wat die Karoo-mistiek en sy volkstories vier. Kies een of doen al drie werkswinkels: muurskildery, graffiti en mosaiek

 

Graffiti :

Het jy al gewonder hoe Banksy dit regrky? Net soos die Karoo voorvaders rotstekeninge agter gelaat het, gryp ‘n kan en kom maak jou merk op die mure van Mount Noah in die Klein Karoo. Gelei deur straatkunstenaar GlennAfrika. Vrydag 25 Maart, Mount Noah. Kaartjies sluit versnappering en kwaliteit materiale in.

Mosaiek :

Raak jy betower deur die mosaiek straatversierings van ouds? Kom leer tegnieke onder leiding van ‘n mosaiek meester, Rolina Lerm, en werk saam met ander kunsgeesdriftiges aan ‘n grootskaal-buitelugmosaiek geinspireer deur die karoo mitologie. Saterdag 26 Maart, Mount Noah. Kaartjies sluit versnappering en kwaliteit materiale in.

Muurskildery :

Laat muurskildery jou dink aan die Sistine Kapel, of aan Diego Riviera se simboliese muurlandskappe? Neem deel in een van die werled se oudste kunsvorms wat voortgesit word in die Karoo, onderleiding Madeleine Miles. Sondag 27 Maart, Mount Noah. Kaartjies sluit versnappering en kwaliteit materiale in.